Sun, Feb 10, 2013 at 9:00am to Wed, Dec 31 at 1:00am SAST

1. Inleiding

- Visieteks – Luk 4:18-19 se “…vrylating vir gevangenes…” - Ons is veral “gevangenes” in twee areas; finansies en verhoudings hierdie reeks fokus op laasgenoemde - Vandag: Konflikhantering.

Add Your Notes


Fokusteks

ROMEINE 12:17-18 NLV

Moenie vir enigiemand kwaad met kwaad terugbetaal nie; wees positief teenoor alle mense. Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense.

Go to Bible Reader »


Die skade van onopgeloste konflik

1. Dit blok my verhouding met God – 1 Joh 4:19-21 2. Dit blok die beantwoord van my gebede – 1 Pet 3:7 3. Dit blok my vreugde – Job 18:4

Add Your Notes


7 STAPPE OM KONFLIK OP TE LOS

God se "tips" vir effektiewe probleemoplossing

Add Your Notes


1. Vat die inisiatief deur jou vrees te oorkom

• Die oplossing begin by jou en wag maak dit erger – Mat 5:23-24 “As jy dus jou offer na die altaar toe bring en dit val jou daar by dat jou medemens ’n grief teen jou koester, los jou offer net daar voor die altaar en gaan maak eers vrede met daardie persoon. Kom dan terug en bring jou offer”. • Vrees bring een van drie reaksies: - Raak verdedigend / selfregverdigend - Onttrek myself - Raak “demanding” • Lees 2 Tim 1:7 “Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid (vrees) gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing”

Add Your Notes


2. Erken jou aandeel in die konflik

• Niemand is ooit totaal onskuldig nie - Mat 7:3 "En hoe sien jy die splintertjie in jou medemens se oog raak, maar jy merk die yslike stomp in jou eie oog nie op nie” • Meer verhoudings eindig a.g.v. onaanpasbaarheid as enige iets anders

Add Your Notes


3. Luister vir die seer

• Maak nie saak of dit die huwelik of waar is nie, wanneer mense vrees beleef of voel hulle waardigheid is ontneem, word hulle kwaad. • Hoor die raad van God: “...wees gou om te luister, nie te gou om te praat nie en nie te gou om kwaad te word nie” – Jak 1:19

Add Your Notes


4. Sien dinge vanuit ander se perspektief

• Loop in ander se skoene • Chinese spreekwoord: Probeer eers verstaan voor jy verstaan wil word. “Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, Maar ook na mekaar se belange. Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees” – Fil 4:4-5

Add Your Notes


5. Praat die waarheid met takt

• Moet nooit die waarheid as ‘n stok gebruik nie “Daar is mense wat dinge sal sê wat seermaak. ’n Wyse mens se woorde bring eerder genesing” – Spr 12:18

Add Your Notes


6. Fokus op oplossings, nie op blaam

• Die politiek van ons land en ander wys dit werk nie “Maar nou moet julle ook nog van die volgende ontslae raak; kwaad wees, woedebuie, gemeenheid, gevloek...” – Kol 3:8

Add Your Notes


7. Maak die doel versoening, nie net oplossing nie

• Oplossing sorteer die probleem uit, versoening herstel die verhouding • Besef “you can walk hand in hand without seeing eye to eye” – Rick Warren “Gelukkig is die vredemakers, want God sl vir hulle sê: ‘Julle is my kinders’.” – Mat 5:9

Add Your Notes


MAAR DIE VRAAG IS: HET JY JOU VREDE GEMAAK MET GOD?

1 TIMOTEUS 2:5 NLV

Want daar is net een God en een Middelaar wat God en mens kan versoen. Hy is die mens Christus Jesus.

Go to Bible Reader »